Terugvoer

Terugvoerverslag

Volledige terugvoer, insluitende bewyse van finansiële besteding, word van alle begunstigdes vereis. Die datum daarvoor word jaarliks verskaf.

Aansoekers kan eers die volgende jaar vir aaneenlopende projekte aansoek doen nadat ’n terugvoerverslag gelewer is. Gebruik die templaat hieronder en stuur die voltooide verslag aan navrae@hetjan.org.

Terugvoerverslag-templaat

Word-dokument · Voltooi en stuur as PDF of Word

Laai die templaat af

Riglyne

Struktuur van die verslag

Verslag oor aanwending van Het Jan Marais Fonds-skenking (jaar), naam van aansoeker, departement en projeknaam.

  1. Kort opsomming van die projek

    Inleiding en agtergrond · projek(te) tans aan die gang · vordering op voorgestelde uitsette, bv. navorsing, artikels, studieleiding.

  2. Hoe is die fondse spandeer?

    Skenkingsbedrag · is alles spandeer of is daar fondse oor? Verklaar. · opsomming in ooreenstemming met die begroting.

  3. Impak op persone en/of gemeenskap

  4. Toekomstige verskil wat die projek sal maak

  5. Bydrae tot die voortbestaan en ontwikkeling van Afrikaans

Aaneenlopende projekte

Ná u terugvoerverslag kan u weer aansoek doen

Na die aansoekblad