Doen aansoek
Aansoek om befondsing
Aansoeke open jaarliks teen November en sluit teen 28 Februarie. Die presiese datums word jaarliks verskaf. Aansoekers behoort teen April van die trust te verneem of hul aansoeke suksesvol was, of nie.
Hoe om in te dien
-
Laai die aansoekvorm af
Voltooi die vorm volledig. Onvolledige aansoeke word nie oorweeg nie.
-
Heg die stawende dokumente aan
’n Begroting van die beoogde uitgawes (of kwotasies, waar toepaslik) en ’n doelgerigte motivering van hoogstens twee bladsye – albei in PDF-formaat.
-
E-pos die aansoek
Stuur die voltooide vorm en aanhangsels aan navrae@hetjan.org voor die sluitingsdatum. U sal ’n bevestiging ontvang: „u aansoek is ontvang en sal oorweeg word”.
HJMF-aansoekvorm
Invulbare PDF · Voltooi op u rekenaar en stoor
Beoordelingsmaatstawwe
Wat u aansoek moet insluit
- Naam, van en kontakbesonderhede van die aansoeker, wat ’n permanente personeellid van die Universiteit Stellenbosch moet wees.
- Besonderhede van die departement / afdeling van die US waarbinne die projek bestuur word.
- ’n Kort opsomming (van hoogstens 300 woorde) van die projek.
- ’n Kort motivering (van hoogstens 100 woorde) waarom u van mening is dat die projek die doelstellings van die Fonds bevorder.
- Aanduiding van ander befondsing wat die projek reeds ontvang.
- Een- of meerjarige projekte sal oorweeg word vir befondsing. Indien aansoek gedoen word vir meerjarige befondsing, moet aangedui word watter deel van die befondsing in daaropvolgende jare benodig sal word.
- Aansoeke moet aandui of dit aanvaarbaar sal wees as die Fonds slegs ’n gedeelte van die fondse toeken waarvoor aansoek gedoen word.
Belangrike bepalings
Neem asseblief kennis
- Befondsing is vir een jaar en word nie vir die volgende jaar gewaarborg nie. Aansoekers kan die volgende jaar vir aaneenlopende projekte aansoek doen, nadat terugvoerverslae gelewer is.
- Aansoekers moet POPIA-toestemming gee wanneer hulle aansoek doen.
- Aansoeke moet liefs nie vier bladsye in PDF oorskry nie – ongeveer 1 200 woorde. Vermy asseblief groot aanhangsels; geen fotoverslae of brosjures moet aangeheg word nie.
- Wanneer ’n projekaansoek die aankoop van materiaal en toerusting bevat wat ook vir ander doeleindes aangewend word, is dit onwaarskynlik dat fondse toegeken sal word.
- Bywoning van buitelandse konferensies word nie gefinansier nie.
- Projekte vir teaterproduksies moet in Afrikaans wees.
- Dit is ’n diskresionêre trust. Geen korrespondensie of verduideliking van besluite word toegelaat nie.
- Indien aansoeke die eerste keer nie slaag nie, word dieselfde heraansoek nie toegelaat nie.